FlySafair waarsku oor swendelaars op Facebook. Foto: Facebook/FlySafair
FlySafair waarsku oor fop-profiele op Facebook wat met sy naam te koop loop.
Die lugdiens sê in ’n verklaring een van dié profiele is “FlySafair: South Africa’s Favourite Low-Cost Airline”. Hulle boots die lugdiens na en bied gratis vlugte as deel van Swart Vrydag aan.
“Ons wil verbruikers vra om ons te help om die swendelary te stop deur dit aan te meld by die sosialemediaplatforms as hulle dit sien,” sê Kirby Gordon, FlySafair se bemarkingshoof.
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.