Sun City in Noordwes. Foto: Verskaf
Sun International en FlySafair waarsku verbruikers dat bedrieglike advertensies oor kastige spesiale aanbiedings wat op sosiale media kop uitgesteek het, niks met hulle te doen het nie.
Hierin word onderskeidelik “verblyf in enige Sun City-hotel teen slegs R25” en “onbeperkte vlugte vir ses maande teen net R15” aangebied.
Die Sun City-skelmstreek duik op as ’n geborgde advertensie op Facebook se tuisblad en lui die spesiale aanbieding is “ter viering van Sun City in Noordwes se 50ste of 55ste bestaansjaar”.
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.